Your Recipe Blog

BOELIEBIEF “ALLEGAARTJIE”

Cook: ± 20 minute | Servings: 3 - 4 porsies

BOELIEBIEF “ALLEGAARTJIE”

  • 1 blikkie boeliebief, in blokkies gesny
  • 2 uie, fyn gesny
  • 2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny
  • 1 pakkie babamielies, in stukkies gebreek of 1½ koppie pitmielies
  • 1½ koppie bevrore ertjies
  • sout en peper na smaak
  • Ina Paarman se green onion spices, na smaak (opsioneel – my keuse)
  • Aromat na smaak
  • ½ pakkie ryk beesstert soppoeier, gemeng met bietjie water
  • 5 aartappels, geskil en in blokkies gesny

Kook die aartappels in soutwater tot sag. Dreineer en maak kapokaartappels, hou warm.
Braai die uie in ‘n pan met bietjie olie tot sag en begin ligbruin raak. Voeg die boeliebiefblokkies by en braai liggies. Voeg die mielies en ertjies by en dan die tamaties. Kook die mengsel  liggies tot die tamaties ‘n lekker sous gevorm het. Voeg die sout, peper, “green onion spices” en aromat by.

Indien die vog te min is, voeg bietjie water by en wanneer dit kook, voeg die soppoeiermengsel by,  kook dit deur tot verlangde dikte en skep die allegaartjie bo-op die kapokaartappels.

Resep en fotos: Elma Brittz-Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page