Your Recipe Blog

BOELIE-BIEF TERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 min. | Servings: 4 dosyn

BOELIE-BIEF TERTJIES

  • 1 blik boelie-bief, fyngedruk met vurk
  • 1 groot ui, fyngerasper
  • 2 groot tamaties, fyngerasper
  • 2 eetlepels pietersielie
  • 2 koppies cheddar kaas, gerasper
  • 2 eiers, geklits
  • 2 hoogvol eetlepels bruismeel
  • rooipeper vir bo-oor, opsioneel
  • paprika vir bo-oor, opsioneel

Voorverhit jou ond tot 180°C.
Bespuit jou klein cup-cake pannetjies.
Meng al die bestanddele goed saam.
Skep ‘n teelepel vol mengsel in elke klein cup-cake gaatjie.
Sprinkel ‘n bietjie rooipeper of paprika bo-oor. Jy kan dit skoon los ook.
Bak in die oond tot dit net begin verkleur – so 20 tot 25 minute.
Gebruik ‘n klein spatula, of stomppunt mes, om die tertjies los te maak in die pannetjies.
Laat dit in die pan staan vir so ‘n minuut – dit help dat die tertjies hul vorm behou (soos die kaas stol).
Keer uit en geniet.

Nota:
Jy kan hierdie mengsel ook in ‘n groot souttert omskep – dit bak dan net langer. Hou ook maar fyn dop omdat die kaas soms vinnig bruin en hard word.

Foto en resep: Wayne Dugmore

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page