Your Recipe Blog

BOELIE BIEF KOEKIES

BOELIE BIEF KOEKIES

  • 3 tot 4 groterige aartappels, gerasper
  • 1 groot ui, gerasper
  • 2 koppies koekmeel
  • ekstra koekmeel, vir bedeking
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 groot eier
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier
  • speserye, eie keuse
  • 1 blik boelie bief, fyn gedruk
  • olie, vir bak

Meng soppoeier, speserye, bakpoeier en koekmeel.
Meng boelie bief, gerasperde aartappels, uie en eier saam.
Skep koekmeelmengsel bietjie vir bietjie by die vleismengsel, tot alles goed gemeng is.
Sprinkel ‘n bietjie koekmeel op ‘n oppervlak.
Skep met ‘n groot lepel die boelie biefmengsel daarop en vorm koekies.
Rol elke koekie bietjie in koekmeel sodat dit rondom bedek is, maar nie te dik nie, net liggies.
Plaas die klaar koekies in die yskas vir 20 min.
Bak in warm olie tot mooi lig bruin en gaar. Pasop vir te warm olie.
Bedien met ‘n vinnige pienk sousie van mayonnaise en tamatiesous wat gemeng is of jy kan ‘n slaai daarby bedien.

Resep: Lize Myburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page