Your Recipe Blog

BOELIE BIEF JELLIEGEREG

BOELIE BIEF JELLIEGEREG

  • 2 blikkies boelie bief (Bully beef) in blokkies gesny
  • 1 koppie gekapte soetrissie
  • 1 rooi ui, fyngekap.
  • 2 – 3 pakkies suurlemoen jelliepoeier
  • 3 sakkies gelatien
  • ½ koppie fyn gekapte seldery
  • knoffelvlokkies, na smaak.
  • fyn gekerfte biltong of iets soortgelyks, na smaak

Meng die boelie bief, fyn gekapte ui, soetrissie, knoffelvlokkies en seldery saam.
Maak die jellie en gelatien met twee koppies kookwater aan in ‘n tuitpan (blunt pan)
Laat dit effens afkoel en meng dit baie goed met die boelie biefmengsel.
Plaas die mengsel in die yskas om te stol.
Keer uit op ‘n opdien bord.
Nota:
Ek het die holte in die middel met biltong en bündnerfleisch gevul.
Ons het die gereg saam met potbrood bolletjies (met bruinsuiker en room) voorgesit.

Resep en foto: Jan Salti Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page