Your Recipe Blog

BOELIE BIEF A LA MICHAEL’S

BOELIE BIEF A LA MICHAEL’S

  • 1 blikkie “bully beef”, in blokkies gesny
  • 1 saggekookte aartappel, in blokkies gesny
  • 1 gekapte ui
  • 1 gekapte knoffeltoontjie
  • 1 stukkie gekapte vars gemmer
  • 3 eetlepels Mrs Balls blatjang
  • zest van 1 suurlemoen of na smaak
  • gekapte pietersielie na smaak, ongeveer ‘n hand vol
  • 1 teelepel rajah kerriepoeier
  • ½ teelepel borrie
  • growwe sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 koppie gekapte sampioene
  • 1 fyngemaakte avokado
  • 1 Franse brood
  • Opsioneel:
  • handvol gekapte vars pietersielie en ‘n paar wiggies suurlemoen en lemon zest

Soteer die uie, knoffel en gemmer tot glaserig en sag.
Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai baie stadig sodat die kerriepoeier gaar kan raak en sy olies kan vrystel.
Die bully beef, aartappel en sampioene kan nou bygevoeg word.
Geur mer sout en peper.
Nadat alles vir so 4 tot 5 minute gebraai het, voeg die lemon zest, gegeurde blatjang en pietersielie by en prut vir ‘n verdere 3 tot 4 minute.
Terwyl die dis stadig prut, sny die Franse brood in diagonale skywe, bedruip met olyfolie en bak in die oond tot ligbruin.
Skep die fyngemaakte avokado op die crostini’s, daarna die “bully beef” mengsel, bedruip met olyfolie en bedien tydens die rugby vir die familie. Indien die bokkie weer ‘n gemors maak van jou Saterdag, gaan die familie en vriende ten minste die beste “bully beef” onthou wat hul al geëet het.

Resep en foto: Michael Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page