Your Recipe Blog

BOBOTIE MET PIESANG BO-LAAG

Cook: 35 minutes

BOBOTIE MET PIESANG BO-LAAG

  • 2 uie, opgekap
  • 2 eetleepels (medium hitte) kerrie
  • 8 ml borrie
  • 2 ml knoffelpoeier
  • 2 kg maalvleis
  • 10 ml suurlemoenskil
  • 2 groen appels, gerasper
  • 350 ml vars broodkrummels
  • 2 teelepels sout
  • ½ teelepel swartpeper
  • 200 ml appelkooskonfyt
  • 10 ml suurlemoensap
  • 350 ml melk
  • 4 eiers
  • piesangs
  • lourierblare

Braai uie in olie, voeg kerrie, borrie, knoffel en dan maalvleis by en braai deur.
Voeg suurlemoenskil, appels, vars broodkrummels, sout, peper, appelkooskonfyt en suurlemoensap by. Meng deur en laat 30 minute prut.
Giet in ‘n 4 liter bak of 2 kleiner bakke.
Meng melk en eiers.
Sny piesang skyfies en sit dit bo-op voor jy eier en melk oorgooi.
Laat staan die gereg 15 minute sodat dit eers intrek.
Voorverhit die oond tot 180 ºC, plaas ‘n paar lourierblare tussen die piesang in.
Bak vir 35 minute tot gestol.

Resep en foto: Magde van der Kolff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page