BOBAAS BIEFBLOKKIES
- 30 ml olie
- 1 kg beesvleisblokkies
- sout en peper na smaak
- 1 ui, gekap
- 1 knoffeltoontjie, gekap
- 1 pakkie sampioen soppoeier
- 500 ml melk
- 30 ml asyn
- 30 ml tamatiesous
- 30 ml Worcestersous
Voorverhit die oond tot 160ºC.
Verhit die olie in ‘n pan en braai die vleis tot bruin.
Skep die vleis uit en hou eenkant.
Braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot geurig.
Skep die vleis en uiemengsel in ‘n oondbak, geur met sout en peper.
Meng die soppoeier, melk, asyn, tamatiesous en Worcestersous, voeg dit by die vleismengsel in die bak en roer dit tot gemeng.
Bedek die gereg met foelie en bak 2 – 2 ½ ure tot die vleis sag is.
Bedien saam met kapok aartappels of rys.
Resep en foto: Amanda Austen