Your Recipe Blog

BLOUBESSIEPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 55 minute

BLOUBESSIEPASTEI

Ek en my seun het vandag hierdie poging aangewend en dit was ‘n absolute wenner!

  • Kors:
  • 2½ koppie koekmeel
  • ½ eetlepel witsuiker
  • ½ teelepel pienk/see sout
  • ½ blok koue botter
  • 6 eetlepel yswater
  • Vulsel:
  • 800 g bloubessies
  • 2 eetlepel suurlemoensap
  • 4½ eetlepel koekmeel
  • ½ koppie witsuiker
  • 1 teelepel kaneel
  • 2 eetlepel water

Kors:
Plaas die meel, suiker en sout in ‘n menger. Meng effens. Sny en voeg botter by en meng tot droë klontjies vorm. Voeg yswater by en meng tot bolletjies deeg vorm. Wanneer jy stukkie deeg in jou vingers neem en dit plak is dit reg. Moenie die deeg knië nie. Keer dit net so uit op meel platvorm, druk effens saam, deel in twee en druk saam en plat om ‘n sirkel te vorm. Maak elkeen toe met plastiek en plaas in yskas vir ‘n uur voor jy dit gebruik.

Vulsel:
Meng al die bestanddele saam in ‘n bak tot al die bloubessie goed gedek is met die res van die bestanddele.
Rol een van die degies uit tot dit die grootte van jou tertbak is  ( 25 cm) en druk dit liggies in die bodem van jou tertbak vas.
Skep die bessiemengsel in die voorbereide kors.
Rol die tweede degie uit en plaas bo-oor en druk vas langs die kante.
Druk ‘n gaatjie bo in die minddel van die deeg vir stoom om te ontsnap.
Bak in oond op 180°C vir 55 minute.
Laat bietjie afkoel en bedien met room/roomys.
Geniet!

Resep en foto: Dedrei Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page