BLOUBESSIE BROODJIE
- 3 eiers
- ½ koppie gewone volroom jogurt
- ½ koppie olie
- 1 koppie suiker
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 ½ koppies koekmeel plus 1 eetlepel
- 1 eetlepel vanilla geursel
- 2 koppies vars bloubessies (verkies 1 koppie)
Voorverhit oond tot 180°C.
Meng al die bestanddele behalwe die bloubessies in ‘n groot bak.
Bedek die bloubessies met die eetlepel meel (dit sal verhoed dat hulle sink) en vou dit versigtig by die mengsel in.
Voer ‘n broodpannetjie uit met bakpapier en skep die mengsel in.
Bak vir ongeveer 1 uur of tot ‘n tandestokkie skoon uitkom.
Laat afkoel, bedien en geniet.
Nota:
Ek het nie volle 2 koppies bloubessies gehad nie en toe bosbessie (cranberries) bygesit om dit vol te maak. Volgende keer sal ek geheel net gaan met 1 koppie bessies, dink 2 was te veel.
Resep geplaas deur en foto: Stien Rust












