BLOMMETJIE STROOP WAFELS
Ek het hierdie “wawiel doppies” jare terug gemaak. Vandag weer probeer. Heerlik met stroop. Snackle iron gebruik. Nooit geweet dit was sy naam nie.
- 2 eiers
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- knippie sout
- 1 teelepel teelepel suiker
- 1 koppie water
Klits eiers en voeg die res van die bestanddele by en meng goed
Verhit olie in pan of pot. Laat yster goed warm word, binne in die olie.
Haal yster uit, skud olie vinnig af en doop in die deeg. (net tot onder die bokant van die vorm )
Dan dadelik in die olie. Braai tot ligbruin.
Haal die doppies uit op kombuispapier.
Gebruik ‘n mes indien doppies nie self loskom nie.
Versier met jou keuse.
Drup stroop in die middle, of strooi versiersuiker oor.
Resep en foto: Debbie Griessel