BLOMKOOLSLAAI
My “famous” blomkool slaai is altyd ‘n wenner.
- 2 klein koppe blomkool of 1 groot kop
- 10 cm x 10 cm blokkie Cheddar kaas
- slaaisous
- ½ koppie mayonnaise
- ¼ koppie melk
- ¼ koppie karringmelk
- ⅓ koppie suiker
- 1 teelepel sout
- 1½ eetlepel asyn
- 2½ teelepels suurlemoensap
Meng al die slaaisous bestanddele saam en roer totdat die suiker opgelos is. Plaas eenkant.
Breek die blomkool in “bite size” blommetjies.
Kook die blomkool vinnig vir 7 minute. Dit moet nog lekker “crunchy” wees.
Verwyder die kool van die hitte en dompel dit vinnig in koue water en skep dit weer uit die water in ‘n vergiettes. Hou eenkant tot dit gedreineer het en koud is.
Sny die kaas in ½ x ½ cm blokkies en voeg dit by die afgekoelde blomkool blommetjies.
Voeg die slaaisous oor die koue blomkool en kaas blokkies en meng liggies deur.
Nota:
Jy kan ook die sous gebruik vir gewone koolslaai.
Resep en fotos: Emmerentia MC Pretorius