Your Recipe Blog

BLOMKOOL VINGERHAPPIES

BLOMKOOL VINGERHAPPIES

Recipe and photo: Gideon Louw
Hierdie heerlike oudurfie is met blomkoolboompies gemaak en maak maar genoeg dis verslawend.
Ekt ‘n halwe blomkool se boompies afgebreek en in stukkies verklein tot ‘n lekker gerieflike vingerhappie.

  • ½ koppie koekmeel
  • 1 teelepel “mild and spicy” kerriepoeier
  • 1 teelepel gerookte paprika
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel wit peper
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel maizena
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 koppie melk
  • olie vir diepbraai
  • Meng alle droë bestanddele saam en voeg melk by totdat ‘n nie te stywe, maar tog effe loperige beslag vorm.
  • Meng die beslag goed met die blomkooltakkies tot alle steeltjies en blaartjies bedek is.
  • Maak die olie warm op die kole in jou rooi pannetjie en plaas die stukkies kool een vir een daarin en braai tot dit mooi goudbruin is.
  • Moenie haastig wees deur dit te gou om te draai nie en geniet intussen ‘n fynetjie en wees rustig.
  • Haal die happies uit die warm olie en plaas die op ‘n handoekpapier om te dreineer.

Nota:
Jy kan ‘n doopsous van jou keuse maak, maar dit was opgeëet voor daar ‘n doopsous gemaak is.Jy kan dit ook maak vir ‘n bygereg by die braai.
Dis djeeeeeerlik….

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page