Your Recipe Blog

BLOMKOOL POPS

BLOMKOOL POPS

Heerlike snack vir enige okkasie!

  • 1 blomkool, blommetjies gesny in happie grootes
  • 500 ml karringmelk of Amasi
  • sout en peper na smaak
  • 2 eiers
  • 3 koppies droë broodkrummels
  • olie vir diep braai

Klits karringmelk, eiers, sout en peper saam.
Plaas blomkool blommetjies (rou) in dié mengsel en laat staan vir so 30 minute.
Rol blomkool blommetjies in brood krummels tot goed bedek.
Braai in warm (160°C) olie vir so 5 – 7 minute of tot goud bruin.
Blomkool sal gaar wees, maar sal nog bietjie van ‘n byt hê (al denté). Dreineer op kombuis papier.
Bedien warm met n gegeurde mayonaisse of selfs ‘n bietjie suurroom. Bon Apetit!

Nota:
Vir ‘n lekker gegeurde mayonnaise, gebruik ek ‘n koppie mayonnaise en meng dit met ‘n halwe koppie sandwich spread!

Resep en foto:  Johann Becker

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page