BLOKKIES LEWER MET GROENTE
Hierdie bly ‘n wen gereg.
- 500 g lewer
- speserye na geur
- 300 g gemengde groente
- 1 ui
- 1 eetlepel vars room
Was die lewer af en sny in skywe van ± 5 mm dik.
Sny die skywe in blokkies van ± 5 x 5 mm.
Voeg die speserye by die lewer en meng goed deur.
Laat eenkant terwyl die groente voorberei word.
(Ek trek NOOIT die vel af nie, en ek laat lê dit NOOIT in enige melke of souse nie)
Braai die uie en groente in botter of vet in ‘n skottel of pan tot die groente sag is.
Voeg die die lewer by, en braai vir ‘n verder 5 minute.
Voeg die vars room by en meng deur.
Bedien met rys of pasta.
Resep en foto’s: Stefaans Blaauw