Your Recipe Blog

BLITSTERT

BLITSTERT

  • Beslag:
  • 60 ml botter
  • 250 ml koekmeel
  • 125 ml strooisuiker
  • 60 ml melk
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml vanilla
  • 4 eiers
  • 1 ml sout
  • 60 ml ekstra strooisuiker
  • 125 ml gekapte okkerneute
  • Vulsel:
  • 60 ml suiker (ek verkies effens meer)
  • 250 ml melk
  • 250 ml geklitste room
  • 15 ml koekmeel (ek het met maziena vervang)
  • 1 eier
  • 5 ml vanilla
  • knippie sout

Koekbeslag:
Klits botter en suiker tot romerig.
Voeg eiergele by.
Sif meel, bakpoeier en voeg om die beurt met melk by.
In aparte bak klits die eierwitte styf en voeg 60 ml strooisuiker by.
Voer twee 22cm panne uit en verdeel beslag daarin.
Verdeel meringue in twee en skep bo oor die beslag.
Versprei en sprinkel die okkerneute oor.
Bak vir 30-35 minute by 160ºC of tot meringue droog is.

Versiersel:
Maak ‘n vla deur suiker, meel en eier met melk te meng in bakkie
Kook die res van die melk en voeg die vlamengsel by die melk en kook deur tot dik.
Laat afkoel en roer styfgeklopte room en geursel by.
Plaas een laag met meringue op bord, skep versiering (vulsel) oor en plaas ander laag met meringue daarop neer en skep res van versiering (vulsel) oor.
Strooi addisonele okkerneute bo oor

Resep ne foto: Barbara Vd Westhuizen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page