Your Recipe Blog

BLITSIGE VRUGTEKOEK-KERSKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1.5 ure | Servings: 1 ronde koek

BLITSIGE VRUGTEKOEK-KERSKOEK

  • 1 kg vrugtekoekmengsel
  • 300 g heel rooi glanskersies
  • 250 ml appelsap
  • 250 ml brandewyn/sjerrie
  • 2 ekstra groot eiers, geklits
  • 750 ml semelverrykte bruismeel
  • 5 ml fyn kaneel
  • 2 ml sout
  • ekstra brandewyn/sjerrie

Voorverhit die oond  tot 180ºC.
Plaas vrugte, glanskersies, appelsap en brandewyn/sjerrie oornag in groot mengbak.
Klits eiers saam en voeg by die geweekte vrugtemengsel. Voeg bruismeel, kaneel en sout by vrugtemengsel en meng.
Skep in ronde koekpan wat op bodem en kante goed gevoer is. Spuit met kossproei.
Bak vir een en ‘n half uur of tot toetspen skoon uitkom.
Laat koek in pan afkoel en keer versigtig uit. Trek papier lae af, laat heeltemal afkoel en draai in foelie toe. Berg op koel plek tot benodig.
Kan besprinkel word met ekstra brandewyn/sjerrie indien verkies.

Nota:
Omdat ek ‘n diabeet is, het ek die resep aanpas. Gewone bruismeel vervang met semelverrykte bruismeel en brandewyn vervang met sjerrie. Ek laat rooi glanskersies weg en voeg bietjie meer vrugte by.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

Resep en foto geplaas en aangepas deur Marietjie Myburgh

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page