BLIKKIE MOSTERD
Dis altyd lekker om so paar botteltjies hiervan in die koelkas te hê. En maklik om te maak. Gebruik die leë blikkie van die kondensmelk om die ander bestanddele uit te meet.
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 blikkie witsuiker
- 1 blikkie wit asyn
- 1 blikkie mayonnaise
- 50 – 100 g mosterdpoeier (Hot English)
Meng die eerste vier bestanddele goed saam, gebruik ‘n elektriese klitser om seker te maak die mengsel vorm ‘n goeie emulsie. Voeg eers 50 g mosterdpoeier by en proe. Dit sal baie matig wees. (Sif die mosterdpoeier, of meng dit met so eetlepel van die asyn, dis partykeer moeilik om die klontjies uit te kry). As dit te matig is, voeg stelselmatig nog mosterdpoeier by tot jy van die smaak hou.
Nota:
Hanteer dit soos wat jy ‘n onoopgemaakte bottel mayonnaise hanteer. As dit onmiddelik in gesteriliseerde botteltjies geplaas word en toegemaak word, kan dit in die koskas gehou word vir so lank soos wat jy mayonnaise sal hou. As dit oopgemaak is, koelkas toe.
So, as ek weer iets uitdink en een van my bestanddele is soet mosterd, dan is dit dié een.
Resep en foto: Zita Harber