BLATJANG EN MAYONNAISE HOENDER MET SOPPOEIER
Ek is seker almal ken hierdie beroemde resep😀
- Meng:
- 1 koppie water
- ½ pakkie bruin uiesoppoeier
- Voeg by:
- 1 koppie blatjang
- 1 koppie mayonnaise
Strooi sout oor rou hoenderstukke. (6 – 8 boudjies en dytjies)
Skep gemengde sous oor hoender.
Bak vir 90 min in die oond by 180°C.
Resep geplaas deur Benita Rodrigues
Foto: Benita Rodrigues
Category:
Bly altyd n wenner! Veral vir groot onthale.