Your Recipe Blog

BLATJANG EN COKE SKENKELVLEIS

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 2 - 3 ure | Servings: 4

BLATJANG EN COKE SKENKELVLEIS

  • 1 kg skaapskenkels, opgesny
  • Sous:
  • 125 ml tamatiesous
  • 125 ml blatjang
  • 125 ml rooiwyn
  • 300 ml Coke
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier
  • Optioneel:
  • 1 ui fyn gekerf

Pak die vleis plat in ‘n oondpan. Meng die sous bestanddele goed en giet oor die vleis. (indien jy die ui gebruik, sprinkel oor die vleis)
Maak toe met foelie en bak in ‘n voorverhitte oond op 160٥C vir ongeveer 2 – 3 ure, hang af hoe groot is die skenkelvleis. Draai die vleis elke 30 minute om. Wanneer die vleis sag is, haal die foelie af vir die laaste 30 min, sodat die sous lekker dik kan raak en aan die vleis vassit.
Vul die sous aan met bietjie bisto en water gemeng indien dit te min raak, en jy die sous saam met rys wil bedien.
Regtig baie baie lekker, die sous kan veral saam met ribbetjie ook gebruik word, dit is heerlik as die sous so aan die vleis vasklou, dis nou taai vingers aflek-lekker.

Ekstra Nota vir opsie sonder alkohol:
Ek het weer vandag hierdie skenkelvleis gemaak en dit is regtig heerlik. Ek het in die plek van die rooiwyn, rooibos tee gebruik met 15 ml suurlemoensap, die Coke was Zero Coke, ek het so 1 eetlepel xylitol bygesit en dan het ek ‘n ui bygesit. Julle kan dit regtig maar probeer, onthou net dit moet lekker stadig bak dat jou vleis lekker sag is.

Resep en foto: Rina Kleinhans
2de foto:  Magde Van der Kolff

Category:

2 Reviews

  1. Magde Van der Kolff
    Rina Kleinhans presies jou resep gebruik, net bees kortrib gebruik met ‘n paar aartappeltjies. Dis n ongelooflike resep. Die sousresep van jou is perfek

  2. Hestelle Robbertse

    Heerlik dankie

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page