BLATJANG EN COKE SKENKELVLEIS
- 1 kg skaapskenkels, opgesny
- Sous:
- 125 ml tamatiesous
- 125 ml blatjang
- 125 ml rooiwyn
- 300 ml Coke
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
Pak die vleis plat in ‘n oondpan. Meng die sous bestanddele goed en giet oor die vleis.
Maak toe met foelie en bak in ‘n voorverhitte oond op 160٥C vir ongeveer 2 ure, hang af hoe groot is die skenkel vleis. Draai elke 30 minute om.
Vul die sous aan met bietjie bisto en water gemeng indien dit te min raak, en jy die sous saam met rys wil bedien.
Regtig baie baie lekker, kan veral saam met ribbetjie ook gebruik word, dit is heerlik as die sous so aan die vleis vasklou, dis nou taai vingers aflek-lekker.
Resep en foto: Rina Kleinhans
2de foto: Magde Van der Kolff
Magde Van der Kolff
Rina Kleinhans presies jou resep gebruik, net bees kortrib gebruik met ‘n paar aartappeltjies. Dis n ongelooflike resep. Die sousresep van jou is perfek