SWARTBESSIE EN MARASCHINO KERSIE KAASKOEK
Nou mensies, julle moet nou een ding mooi verstaan, Ek en broskors deeg is nou nie maats nie en ek het nou al geleer om ‘n bietjie te “cheat”. Ek koop nou my tertdoppe hier by ons lokale Tesco, maar ek het ‘n killer kaaskoek wat genoeg is vir drie tertdoppe. E is heel trots oor hoe dit vandag uitgekom het. Dit is “Blackberry en pitted maraschino cherry” vulsel.
- Klits die volgende saam:
- 500 ml vetvrye kwark (of enige gladde maaskaas)
- 8 eetlepels vetvrye plain jogurt
- 3 eiers
- 1 teelepels vanilla
- Kook die volgende saam:
- 1/2 sakkie gevriesde swartbessies
- 1/2 sakkie gevriesde maraschino kersies
- 3 eetlepels Xylitol of Natvia opgelos in ‘n bietjie water.
- 5 tot 6 ml Agar agar (soos gelatine maar gemaak van seaweed )
Dit moet so ongeveer 600 ml maak as dit sag gekook is. Kook dit vir so 7 minute en klits dit dan met een van die handklitsers of voedselverwerker tot ‘n lekker sous, alles is fyn.
Laat dit afkoel vir so 5 minute en meng die vrugtemengsel in by die maaskaas- en jogurtmengsel.
Skep in die tertkorse.
Bak in die oond vir so 25minute teen 180 ºC tot gestol en laat afkoel.
Voila 3 heerlike kaaskoeke.
Resep en foto: Claudia Huth