BISCOTTI
- Basiese bestanddele:
- 2 eiers
- 1 koppie strooisuiker
- 1 ⅔ koppie koekmeel
- Voeg jou geurmiddels by:
- 1 eetlepel gerasperde lemoenskil
- 1 koppie bosbessies (cranberries)
- Of
- 1 koppie klapper
- 1 koppie gekapte makadamia neute
Stel oond op 180°C.
Klits eiers en suiker saam tot dik en skuimerig.
Voeg meel en geurmiddels by.
Meng tot bymekaar kom.
Keer uit op meel bestrooide oppervlak, meng goed en vorm twee “logs” lang plat broodjies.
Plaas in pan en bak vir ± 25 min.
Laat effe afkoel sny op ‘n skuinste en droog uit in oond verdere 25 min.
Vinnig maklik en heerlik.
Resep en foto: Brunhilda Venter