BISCOFFTERT
Ek het oor die feestyd hierdie geëet en dit was heerlik en dan nog so maklik om te maak.
- 2 pakkies Biscoff koekies
- 2 x 250 ml room of orley wip
- 1 houer Biscoff smeer, kamertemperatuur
- 80 ml botter
Druk koekies fyn en meng met gesmelte botter.
Druk onder in ‘n tertbord vas en plaas in yskas.
Klop die room tot net styf en voeg dan die Biscoff smeer bietjie bietjie by terwyl jy meng.
Wanneer goed gemeng, skep dit bo-op die kors.
Neem ‘n paar van die beskuitjies en krummel dit bo-op.
Plaas in yskas tot gestol.
Nota:
Wees versigtig dat die room nie skif nie.
Resep: Adele Du Plessis
Foto: Dalene Venner