Your Recipe Blog

BISCOFFSMEER KAASKOEK

| Servings: 8 - 12 porsies

BISCOFFSMEER KAASKOEK

Vir my verjaarsdag het ek ‘n Biscoff Spread botteltjie gekry.  Na al die eet uit die bottel self, dink ek toe om ‘n kaaskoek te probeer.  Ek het uit my kop uit gewerk en sal so my bes probeer alles min of meer neer te skryf.

  • Kors
  • 2  pakkies Oreo koekies – 28 Oreos
  • 80 g gesmelte botter/margarien
  • ± 50 g Biscoffsmeer, of hoeveelheid van eie keuse

Maak Oreos fyn en meng die gesmelte botter met die fyn koekies.
Indien nodig, smelt nog botter en voeg by tot die mengsel lekker klam is en soos sand lyk.
Druk dit vas op die boom van ‘n 20 cm pan met ‘n los bodem en plaas in die vrieskas om te stol.
Sodra die kors gestol het, smelt die Biscoffsmeer en versprei eweredig oor die kors.
Plaas terug in die vrieskas om te stol.

  • Bolaag
  • 250 g roomkaas
  • 250 ml room
  • ½ blik kondensmelk
  • ± 300 g Biscoffsmeer

Klop alles saam en giet bo-oor die Biscoff smeerlaag.
Smeer eweredig en plaas terug in die vrieskas.

  • Sjokolade ganache
  •  41 ml room
  • 86 g karamel sjokolade

Verhit room in mikrogolf vir ± 1 minuut.
Kap intussen die sjokolade fyn.
Giet die warm room bo-oor die fyn sjokolade en laat staan so vir ‘n minuut.
Roer goed deur.
Indien die sjokolade nie voldoende gesmelt het  nie, plaas terug in die mikrogolf vir ‘n verdere 30 sekondes en roer weer na 30 sekondes en hou die proses met 30 sekondes tussenposes vol totdat  dit lekker gemeng is en die sjokolade gesmelt het.

Giet die ganache oor die kaaskoekmengsel en smeer dit eweredig bo-oor.
Sit terug in vrieskas vir ± 2 ure of hou dit oornag in die yskas.
Die kaaskoek kan in die yskas geplaas word in plaas van vrieskas, maar in die yskas word dit oornag geplaas. omrede die temperatuur by ons tussen 38 – 40 °C is, dus is die yskas nie koud genoeg nie en plaas ek die koek in die vrieskas.

Notas:
Volgende keer (as ek nie eers die bottel leeg eet nie), maak ek my bolaag ook Biscoffsmeer in plaas van sjokolade ganache.

Resep en foto:  Michelle van der Westhuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page