BIRYANI LAMPOTJIE MET SPESERY RYS
Die lekkerste wat ek dit nog ooit gemaak het.
- 2 uie, gesny
- 2 eetlepels nat Biryani speserye
- 1 kg lampotjie vleis
- sout en peper
- 1 teelepel gekneusde knoffel
- 3 aartappels, in blokkies gesny
Die vleis het ek in ‘n ysterpot op die stoof gemaak. Geen water in die pot vooraf gevoeg of tydens gaarmaak proses. Bodem van die pot net nat gemaak met olie.
Braai uie tot glaserig en voeg die Biryani speserye by. Roer goed en braai vir net so 2 minute.
Skep uit en braai die lamvleis in dieselfde pot tot mooi bruin. Voeg sout en peper by.
Draai plaat af na no 3 en laat prut vir 60 minute. Roer vleis elke 15 minute. Toets of vleis begin sag raak.
Voeg knoffel by gebraaide uie en voeg by vleis. Laat prut vir nog 60 minute. Roer elke 15 minute, voeg die blokkies aartappels by en laat prut tot aartappels sag is.
Onthou ek het nie een keer water by gegooi nie.
- SPESERY RYS
- klaar gemengde spesery rys (gebruik rys na hoeveelheid wat jy benodig)
- sout
Kook rys vir 5 minute, gooi water af, sit deksel terug op pot en laat dit verder gaar stoom.
Saam met die rys en vleis het ek piesang gesny met gewone yogurt oor die piesang.
Resep en fotos: Koos van der Merwe