Your Recipe Blog

BIRGIT SE APPELKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 50 min.

BIRGIT SE APPELKOEK

Ek wens almal ‘n baie lekker Sondag. In Duitsland is dit Appel tyd en die sappige koek is vinnig vir Familie tyd gebak. 26 cm pan gebruik.

  • 2 eiers
  • 325 g koekmeel
  • 300 g suiker
  • 250 g jogurt
  • 200 ml kookolie
  • 100 g Pekanneute (of enige ander wat mens het)
  • 16 g bakpoeier (by ons een pakkie)
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 1 teelepel sout
  • 3 appels
  • 1 – 2 eetlepels gesmelte botter
  • Na die baktyd:
  • 2 – 3 eetlepels appelkooskonfyt

Meng die bestanddele eenvoudig alles saam, hoef nie eers met die elektriese menger geklits word nie.
Skep die deeg in die voorbereide pan.
Skil die appels en sny in kwarte. Maak liggies snye bo-op en plaas op die deeg. (Sien foto)
Smeer die gesmelte botter met ‘n kwas op die appels.
Bak by 180°C vir 40 – 50 min.
Na die koek uit die oond gekom het, smeer die appelkooskonfyt oor die warm koek.
Laat koud word en bedien.
Indien mens daarvan hou, kan mens dit nog versier met versiersuiker ook.
Probeer dit gerus, baie lekker.

Resep en foto: Birgit Otto Vander Walt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page