BILTONGSOUS VIR STEAK
Vanaand se biltong en avo steak. Het ‘n biltongsous gemaak met sampioene en pepperdews.
My steak was van Checkers se classic house so hy lê 21 dae en dan soet wortel en mini aartappels gemaak wat ek geglaze het in “honey mustard” sous van Ina Paarman.
Was amazing en kan jul glo eks nog single hahaha. Dankie vir al die lekker en goeie idees, kos maak is maar my lewe.
Hoeveelhede is vir 1 steak so pas maar aan indien jy vir meer mense maak.
- 1 steak
- avokado
- Sous:
- ongeveer ‘n ½ bakkie sampioene, in kwarte gesny
- ½ pakkie sampioen roomsop
- 1 koppie – ½ water en ½ melk
- 1 klein bakkie lae vet Griekse jogurt
- groot hand vol gekerfde biltong
Braai die gesnyde sampioene appart in bietjie botter.
Maak die soppoeier aan met die water en melkmengsel en voeg by die sampioene.
Bring tot kook op lae hitte tot effens verdik.
Voeg die jogurt en handvol opgesnyde biltong by en meng goed deur.
Prut tot alles lekker dik word.
Skep die sous oor die klaar gaar steak en sit paar skywe avokado bo op.
Lekker eet.
Nota:
Ek los myne op lae hitte vir so 15 min na ek biltong bygevoeg het.
Resep en foto: Danie du Preez