BILTONG POT
- 1 ui, fyn gekap
- 1 groensoetrissie, fyn gekap
- 1 teelepel knoffel
- 1 pakkie kaasworsies
- 1 pakkie spek
- R80 se biltong, of na smaak
- 1 koppie room
- 1 pakkie pasta (maak pasta op stoof gaar)
- 2 blokke kaas
Braai die ui en green pepper saam met die knoffel tot gaar.
Voeg die spek en kaasworsies by en braai tot gaar.
Voeg die biltong en room by, roer deur en voeg die gaar pasta by.
Strooi die kaas bo-oor, sit die deksel op tot die kaas alles gesmelt is.
Skep op en geniet.
Resep en foto: Dawie Rontgen
2de foto: Wayne Human
Wayne Human:
Sopas gemaak, bietjie oorboord gegaan met die pasta en biltong, maar dis amazing lekker!!!!
Foto gelaai