BILTONG EN VYE QUICHE
- 1 rol skilferkorsdeeg
- 2 koppies gerasperde kaas
- 500 g gekerfde biltong
- 6 vars vye
- 250 ml room
- 6 eiers
- roomkaas, optioneel
Plaas skilferkorsdeeg onder in en teen die kante van ‘n oondvaste bak wat met bietjie olie uitgesmeer is, die bak grootte was 6 cm diep en 28 cm breed.
Strooi ‘n handvol kaas op die bodem van die kors.
Sny die biltong in kleiner stukkies en sprinkel helfte van die biltong oor die kaas.
Plaas vars vye so vir paar minute in mikrogolf om net bietjie gaar te word, sny in helfte en plaas bo-op biltong.
Strooi ander helfte van biltong oor vye.
Meng die volgende goed saam, room, eiers, res van gerasperde kaas en paar skeppies roomkaas.
Voeg eiermengsel oor die biltong en vye.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C tot eiermengsel mooi gestol het en deeg gaar is.
Nota:
Myne het so amper uur en ‘n kwart na uur en ‘n half gebak, maar hou maar dop.
Resep en foto: Erika Foot