Your Recipe Blog

BILTONG EN TAMATIE QUICHE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 minute vir kors en 30 minute vir vulsel

BILTONG EN TAMATIE QUICHE

  • Deeg:
  • 375 ml koekmeel
  • knippie sout
  • 90 g koue botter, gerasper
  • 45 ml yswater
  • 5 ml suurlemoensap

Sif meel en sout saam en vryf die botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Meng die water en suurlemoensap. en voeg by die deeg.

Nota:
Ek het hier ‘n ekstra 45 ml yswater by gevoeg.
Meng deeg goed en vorm ‘n bal.
Bedek goed en verkoel vir 30 minute.
Voorverhit oond tot 200 ºC
Rol die deeg op ‘n meelbestrooie oppervlak uit en voer ‘n 23 cm quichepan met die deeg uit.
Prik die boom met ‘n vurk en bak 10 min lank blind.

  • Vulsel:
  • 30 ml botter
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 1 koppie fyngesnyde biltong (ek het myne baie fyn gemaak en net bietjie oor gelos wat nog grof was)
  • 12 kersietamaties
  • 3 eiers
  • 1 eiergeel
  • 1 koppie room
  • 125 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50 ml gerasperde Parmesaankaas (ek het Feta kaas gekrummel)

Verlaag die oond tot 180ºC.
Verhit die botter in ‘n pan en sorteer die ui tot sag. Sprinkel die ui en biltong onder in die gebakte kors.
Plaas die tamaties eweredig verspei tusssen die biltong.
Klits die eiers en eiergeel saam, voeg die room en melk by en klits net tot gemeng. Geur goed met sout.
Giet die mengsel oor die biltong en tamaties in die kors totdat die kors vol is. Sprinkel swart peper oor.
Bak 30 minute tot ligbruin en ‘n mes skoon uitkom wat in die middel gesteek word.
Sprinkel die Parmesaan oor sodra dit uit die oond kom.
HEERLIK!

Foto: Benhet Nieuwenhuis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page