BILTONG EN SAMPIOENSOP
- 250 g biltong
- 60 g fyn biltongpoeier
- 1 pakkie gesnipperde sampioene
- 125 g botter
- 250 ml koekmeel
- 1,5 liter beesvleisaftreksel
- 5 ml swartpeper of na smaak
- 250 ml gerasperde Cheddar kaas
- sout na smaak
- 500 ml melk
- 125 ml room
Braai sampioene in die botter vir 7 min. Voeg die beesvleisaftreksel by.
Meng koekmeel, melk en room saam. Voeg by die sampioene en roer aanhoudend oor magtige hitte tot mengsel gaar is.
Voeg die kaas, biltong, sout en peper by.
Roer deur en bedien, garneer met bietjie fyn biltong en gekapte pietersielie.
Resep en 2de foto: Karin Britz
Nota en foto: Rina Kleinhans
Indien jy van gladde sop hou, gebruik ‘n “stick blender” nadat die aftreksel by die sampioene gevoeg is, en maak alles fyn en glad. Gebruik ook lekker fyn biltong indien verkies, dan is die sop dikker en kan mens bietjie meer melk bysit. Vir ons was die sout perfek, ek het geen eksra sout bygesit nie. Pasop vir teveel swartpeper. Regtig ‘n lekker sop.