BILTONG- EN KAASAARTAPPELS VIR DIE BRAAI
- 6 aartappels (vir ons, low carb aartappels wat ons kry in NZ)
- 120 g kaassmeer (biltong geur is die beste)
- 3 – 4 eetlepels biltongpoeier
- 2 teelepels gekapte sprietuie (chives)
- 2 eetlepels room
- sout en peper na smaak
- 200 ml gerasperde kaas
Kook die aartappels tot net gaar. Voorverhit oond 180°C.
Sny aartappels in die helfte en hol elke halwe aartappel uit.
Druk die aartapplebolletjies fyn.
Meng die fyn aartappels met die kaassmeer, biltong, sprietuie, room en geurmiddels, en verdeel tussen die uitgeholde aartappeldoppe.
Sprinkel die kaas bo-oor en bak 20 – 25 minute by 180°C tot goudbruin.
Resep en foto: Ilza Jacobs