BIERKOEK MET DADELS
- 125 g margarien
- 250 g dadels
- 5 ml koeksoda
- 300 ml bier
- 200 g bruinsuiker
- 2 eiers
- 12.5 ml kaneel
- 750 ml volkoringmeel (nutty wheat)
- 7 ml bakpoeier
Voorverhit oond tot 190°C en smeer 2 laagkoekpanne – 20 cm deursnee.
Smelt margarien, voeg dadels en koeksoda by. Meng saam.
Roer 100 ml van die bier by en laat staan ‘n rukkie totdat dadels sag is en mengsel afgekoel het.
Roer eiers, suiker, kaneel en sout by.
Voeg volkoringmeel en oorblywende 200 ml bier beurtelings by dadelmengsel.
Roer bakpoeier laaste by.
Skep deeg in panne en bak vir 35 – 40 min.
Laat heeltemal afkoel voordat die versier word, indien verkies.
Nota:
Karamel kondensmelk is ‘n heerlike vulsel/versiersel vir hierdie koek omdat die koek self nie baie soet is nie.
Resep geplaas deur Bernadene Daniell Prinsloo
Foto: Bernadene Daniell Prinsloo