BIEFSTUK MET KAASSOUS
- 600 g rib eye steak (die slagter het 3 stukke met ‘n dikte van omtrent 2.5 cm vir my gesny)
- Marinade:
- 3 eetlepels Worcestershire sous
- 3 eetlepels sojasous
- 2 eetlepels olyfolie
- 1 eetlepel balsamiese asyn
- swartpeper
- 1 teelepel gemengde kruie
- 2 teelepels fyn knoffel
- Kaassous:
- 2 eetlepels botter
- 2 eetlepels koekmeel
- 1 koppie melk
- 200 g roomkaas
- 1 teelepel suiker
- 1 eetlepel Worcestershire sous
- 1 eetlepel mayonnaise
- sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele vir die marinade saam en giet dit oor die biefstuk.
Laat dit staan vir so 2 ure.
Sous:
Smelt botter oor ‘n lae hitte en voeg die meel by. Terwyl jy aanhoudend klits, voeg die melk geleidelik by. Sny die roomkaas in blokkies en meng by die witsous in. Voeg die Worcestershire sous, mayonnaise, suiker, sout en peper by en laat dit oor ‘n lae hitte kook vir so 5 minute terwyl jy heeltyd roer. Pasop, dit kan maklik aanbrand.
Biefstuk:
Verhit ‘n geriffelde pan. Braai die biefstuk oor hoë hitte in ‘n mengsel van so 100 ml sonneblomolie en 50 g botter.
Nota:
Wanneer jy botter en olie meng om iets in te braai, gee dit die geur van botter, maar die botter brand nie. Hoe lank jy die biefstuk braai, hang natuurlik af van hoe gaar jy dit wil hê.
Ek het dit saam met soetpatat skyfies bedien.
Foto en resep: Zita Harber