Your Recipe Blog

BIEFSTUK MET GROENPEPERKORREL SOUS

BIEFSTUK MET GROENPEPERKORREL SOUS

Die steak en groenpeperkorrel sous is so lekker, dat mens glad nie uiteet mis nie. Die sous is ook heerlik saam met hoenderborsies of op ‘n of burger.. .10 minute van begin tot klaar.

  • 1 groot (400 – 500 g) dik ribeye steak, gevryf met braaispeserye
  • 1 eetlepel swartpeper, gemaal
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel uitgebraaide beesvet (vervang met botter as jy nie het nie)
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 2 eetlepels groenpeperkorrels
  • 2 teelepels swartpeper, gemaal
  • sout na smaak
  • 350 ml melk
  • 50 ml room
  • 2 teelepels brine (vloeistof) waar groenpeperkorrels in gepekel is
  • 100 ml gerasperde kaas

Vryf steak met braaispeserye en swartpeper aan albei kante. Laat staan so lank as wat jy kan. Braai oor die kole of in ‘n pan oor hoë hitte, tot gaar. Laat rus en sny in dik skywe.

Souse:
Verhit botter en vet in ‘n pot tot gesmelt. Roer meel, groen- en swart peper en sout by, en braai nog  minuut of twee.
Voeg melk by, en roer oor lae hitte vir 5 minute saam, totdat sous verdik het.
Roer  room, pekelsous en kaas by, en prut nog so twee minute.
Bedien saam met steak of vleis van jou keuse, aartappelgebak en spinasieslaai.

Resep en foto:  llze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page