BIEFSTUK MET BABA UITJIES EN ORANJE KAPOKPATATS
Vandag ‘n biefstuk en baba uitjies gemaak met oranje patat “mash”.
- 1 kg biefstuk, in stukke gesny (gebruik “tenderised steak”)
- 3 teelepel braaispeserye
- 1 teelepel gebreekte koljander
- 20 baba uitjies
- 2 koppies water
- sap van een suurlemoen
- koekmeel om vleis in te rol
- olie om vleis en uitjies in te braai (genoeg om kastrolboom te bedek)
Skil uitjies en hou eenkant.
Druk suurlemoensap oor vleis en bedek met braaispeserye.
Rol die vleisstukke in genoeg koekmeel om ‘n dun lagie te maak.
Verhit olie op medium hitte in groot swaarboom kastrol en braai vleis daarin tot bruin.
Verwyder vleis en braai die geskilde uitjies in die olie tot net gaar.
Verwyder uitjies uit die olie.
Voeg 2 koppies water by die pansappe in die kastrol en kook tot al die stukkies op die boom losgekook het.
Plaas die gebraaide vleis en uitjies terug in die kastrol en kook stadig tot sag.
Indien verkies, kan addisionele braaispeserye bygevoeg word na smaak.
- Patat kapokaartappels:
- 4 medium grootte oranje patats
- groente geurmiddel (bekend as “vegetable seasoning”)
- botter na smaak
Sny patats in ringe en kook sag in bietjie water.
Dreineer oortollige water indien nodig.
Voeg groente geurmiddel by die patats en druk fyn.
Wanneer die patats sag is, roer botter deur.
Foto en resep: Alta Gunter van Dyk