Your Recipe Blog

BIEFSTUK, GEROOSTERDE PAMPOEN- EN BEETSLAAI

 BIEFSTUK, GEROOSTERDE PAMPOEN- EN BEETSLAAI

  • 200 g Rump biefstuk
  • 1 koppie pampoen en beet blokkies, gemeng of hoeveelheid na smaak
  • 1 hand vol gemengde slaaiblare en roket
  • ⅓ komkommer, opgesny
  • 6 – 8 baba Roma tamaties, in die helfte gesny
  • 2 radyse, in ringe gesny
  • ½ blokkie Deense Feta, in blokkies
  • 6 – 10 Kalamata olywe, in die helfte gesny
  • 2 opgesnipperde sprietuie
  • handvol geroosterde pampoenpitte
  • slaaisous van jou keuse, ek het sommer gekoopte Italiaanse slaaisous gebruik

Maak die biefstuk gaar na jou keuse met speserye van jou keuse.
Myne is halfgaar, 2 min per kant op hoog met sout, peper en suurlenoensap.
Laat rus vir ‘n goeie 10 minute op ‘n houtplank en sny dan in repies.
Sny pampoen en beet gemeng, in blokkies, sprinkel met olyfolie en heuning, rooster in die oond op 180ºC vir 30 minute.
Meng al die bestanddele (insluitend die slaaisous) behalwe die biefstuk, pampoen, beet en pampoenpitte saam in ‘n mengbak en skep uit op ‘n bord.
Rangskik nou die biefstuk, pampoen en beet bo-op die bord, sprinkel met pampoenpitte en geniet!

Nota:
Jy kan die slaaisous na die tyd oor gooi as jy verkies, maar ek is nie mal oor die sous bo-op die steak, pampoen en beet nie.

Resep en foto: Chante Putter

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page