BIEF STROGANOFF OP BASILIEKRUIDPESTO PASTA
- 750 g fillet (bees/vark/hoender), in repe gesny
- olyfolie
- 100 ml witwyn
- 1 ui, opgesny
- 1 rooi soetrissie, opgesny
- 250 g sampioene, in skywe gesny
- 40 g botter
- sout en gemaalde swartpeper, volgens smaak
- Stroganoffsous:
- 250 ml room
- 30 ml suurlemoensap
- 30 ml tamatiepuree
- 10 ml mosterdpoeier
- 30 ml koekmeel
- 5 ml gerookte paprika
- Pasta:
- pasta van keuse
- 30 ml basiliekruidpesto
- 15 ml olyfolie
Meng al die bestanddele vir die stroganoffsous en hou eenkant.
Verhit die olyfolie in ‘n pan en verbruin die vleis baie vinnig. Haal uit die pan en hou eenkant.
Verlaag die hitte en voeg die botter in dieselfde pan tot gesmelt.
Voeg die uie en soetrissie by en roerbraai tot glanserig.
Voeg die witwyn en sampioene by en braai tot die sampioene verbruin het.
Verlaag die hitte en voeg die stroganoffsousmengsel by en roer tot verdik.
Geur met sout en gemaalde swartpeper.
Voeg die gebraaide vleisrepe by, roer deur en laat prut vir 1 – 2 minute tot deurwarm.
Kook pasta vir 8 – 10 minute en dreineer.
Voeg die basiliekruidpesto en olyfolie by die gedreineerde pasta en meng deur.
Bedien vleis bo-op die pasta en garneer met pietersielie na smaak.
Nota:
Room en suurlemoensap kan met suurroom vervang word.
Resep en foto: Johan Rossouw