BEV SE KARRINGMELK EN SAMPIOENBROODJIE
- 3 medium uie, fyngekap
- 250 g fyngekapte sampioene
- ½ blikkie suikermielies
- 4 teelepels blatjang
- 50 ml kookolie
- 6 teelepels knoffel botter
- 4 koppies bruismeel
- 3 teelepels bakpoeier
- 500 ml karringmelk
- 1 koppie gerasperde kaas
- Aromat en knoffelsout, na smaak
Braai uie in knoffelbotter en kookolie tot deurskynend.
Voeg sampioene by en braai vir verdere 5 minute.
Strooi bietjie Aromat en knoffelsout oor na smaak.
Voeg nou die blatjang en suikermielies by en meng goed.
Verwyder van plaat.
Meng bruismeel, bakpoeier en gerasperde kaas goed.
Voeg nou die sampioenmengsel by en dan die karringmelk.
Indien mengsel te dik lyk voeg bietjie melk by.
Skep in gesmeerde medium grootte brood pannetjies en bak teen 180ºC vir half uur.
Smeer nou knoffelbotter bo oor en bak vir verdere 10 minute.
Keer nou die broodjie om sodat die onderkant nou bokant is en bak vir verdere 10 minute.
Nota:
My waaier oond werk nie eweredig aan die bo en onderkant nie. Dis hoekom ek die broodjie wat nog bietjie lig was aan die onderkant omgekeer het en dit nog ‘n paar minute verder laat bak het.
Kan saam met braavleis geëet word of sommer net so saam met lekker dik botter.
BON APPETITE.
Resep en foto: Beverley Gabrielson