Your Recipe Blog

BEV SE BEESBLAD IN DIE PRUTPOT

Avatar photo
Recipe by
4 - 6 ure

BEV SE BEESBLAD IN DIE PRUTPOT

Ek weet nie of ‘n mens die spesifieke snit te koop kry nie. Ons het ‘n bees gekoop en ons sny nooit die bene kaal nie. Hierdie was ‘n beesblad wat gevries en in stukke opgesaag is.

  • 2 kg beesblad, in stukke opgesaag
  • sout, peper en Aromat, na smaak
  • 5o ml kookolie
  • 50 ml Worcestersous
  • 50 ml suurlemoensap
  • 100 ml “spare rib” marinade of braaisous
  • 50 ml “sweet chillie” sous
  • 100 ml Coke
  • 8 aartappels, in kwarte gesny
  • 6 gekapte uie

Plaas kookolie en 3 gesnyde uie onder in prutpot (slow cooker).
Rangskik vleis bo-op die uie, meng die res van bestanddele, behalwe aartappels en uie en giet oor die vleis.
Meng die vleis goed met die sous.
Sit die deksel op.
Laat prut vir 4 ure op hoog.
Voeg nou die aartappels en res van die uie by en laat prut tot aartappels gaar is.
Kan net so bedien word saam met rys of stysel van jou keuse.

Nota:
Indien die vleis bietjie te veel vet aan het en sous olierig is, skep olie uit net voor die aartappels en uie bygevoeg word.
Indien verkies kan die sous verdik word.

Resep en foto:  Beverley Gabrielson

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page