Your Recipe Blog

BESTE YSTERVARKIES

Recipe by
Cook: 25 minute

BESTE YSTERVARKIES

Hierdie ystervarkies is my ma se beproefde resep.

  • Koek:
  • 625 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 4 eiers, geskei
  • 250 ml water
  • 500 ml suiker
  • sout
  • Stroop:
  • 875 ml suiker
  • 450 ml water
  • 50 ml botter of margarien
  • 75 ml kakao
  • 5 ml vanilla geursel
  • klapper om in te rol

Koek:
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Klop eiergele tot lig. Voeg suiker en water by en klits tot goed gemeng.
Meng droë bestanddele in die eiermengsel.
Klits eierwitte tot droog.
Voeg laaste die styfgeklopte eierwitte by die deeg deur dit in te vou met ‘n metaallepel.
Skep in ‘n gesmeerde oondpan.
Bak vir ± 25minute.
Sny die koek in 3 cm blokkies wanneer dit heeltemal afgekoel is.

Stroop:
Verhit al die bestanddele vir die stroop buiten die vanilla saam in ‘n diep kastrolletjie tot kookpunt.
Haal dit van die stoof af sodra dit kook en roer die vanilla by.
Doop klein blokkies vinnig in die stroop en rol dit dan in die klapper tot goed bedek.
Die blokkies moenie met stroop deurtrek wees nie.

Nota:
Wat ek gewoonlik doen is om die blokkies te doop terwyl ek dit met ‘n braaitang vashou en plaas dit dan net in ‘n leë bord sodat die oortollige stroop afloop.
Hierdie is my ma se resep wat sy ontwikkel het van verskillende resepte.
Die koek het sy by ‘n tannie gekry en stroop uit ‘n ou Huisgenoot.

Resep: Eugene Palmer
Foto: Elaine Steyn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5