BESTE UIESOUS OOIT
Wonderlike resep… sous was fantasties…!!! beslis ‘n keeper in my boeke.
- 56 g botter
- 2 groot uie, geskil, in dun skywe gesny
- 3 – 4 teelepels bruinsuiker ( na smaak)
- ½ koppie rooiwyn
- 2 takkies vars tiemie
- 1 groot takkie vars salie
- 2 koppies beesvleis sousblokkie klaar aangemaak
- 1 teelepel Worcestershire sous
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel voorbereide geel mosterd
- ¼ teelepel varsgemaalde swartpeper
- 1 eetlepel balsamiese asyn
- 2 eetlepel kekerertjiemeel (of Maizena)
- 2 eetlepels blatjang
- 2 eetlepels koue botter
Smelt die botter in ‘n kastrol oor medium hoë hitte.
Voeg die gesnyde uie en suiker by en kook vir ongeveer 30 minute tot gekarameliseer (diep goudbruin).
Voeg die rooiwyn en kruie by, kook vir 2 minute vinnig, verminder die hitte en laat prut vir 10 minute.
Voeg die aftreksel, mosterd, sout, peper en Worcestershire -sous by, bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte tot ‘n lae prut en laat prut, bedek, vir 20 minute. Verwyder die takkies kruie.
Voeg die asyn by, meng die kekerertjiemeel saam met die blatjang en voeg by, meng goed deur en laat nog ‘n minuut of twee prut tot verdik, roer gereeld dat dit nie vasbrand nie.
Voeg die koue botter by en meng tot opgelos. Voeg sout en peper na smaak by en nog mosterd indien verkies.
Resep aangepas en getoets deur Ansi Pypers Fourie
Foto: Ansi Pypers Fourie