Your Recipe Blog

BESTE SOUSBONE

BESTE SOUSBONE

Ek deel graag my buurman se beste sousbone resep.

  • 500 g rooi spikkel bone
  • 1 teelepel sout
  • 1 koppie suiker
  • ¾ koppie wit asyn

Week die rooi spikkel bone oornag in water.
Giet volgende dag water af.
Kook in stoompot in 2 liter water tot sag. Ongeveer 30 minute.
Voeg die sout, suiker en wit asyn by. Kook op stadige hitte vir 10 minute.
Sous sal dikker word. Laat staan in pot oornag dat bone sous trek.
Maak volgende oggend weer in dieselfde pot warm.
Kyk of vloeistof nog genoeg is. Indien daar vloeistof kort gooi by.
Laat net weer begin kook. Bottel warm. Beste ooit!

Notas:
Ek gebruik die rooi spikkel bone. Op pakkie staan jy kan hulle ook net 60 min in water lê, maar ek bly maar by oornag.
Kyk dat jy genoeg sous op einde oor het. Bone moet wanneer gebottel word, toe wees onder sous. Maar die tye in resep is genoeg.

Foto’s en resep geplaas deur Frans van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page