BESTE PERI PERI SOUS
Hierdie is die beste Peri-Peri sous wat ek nog geproe het. Dis outentiek en smaak fantasties. Hierdie sous is briljant op hoender. Die marinade wat oorbly, kook jy vir ‘n minuut of twee en gebruik as ‘n dip. Die sous moet so dag voor die tyd gemaak word dat die geure kan ontwikkel.
- 2 – 6 rooi rissies (birds-eye red chillies – 2 is lig terwyl 6 ietwat byt)
- 1 groot rooi soetrissie (green pepper)
- 4 huisies knoffel
- 1 vars suurlemoen se sap (selletjies in)
- 2 eetlepels paprika poeier
- 1 eetlepel oregano
- 4 eetlepels donker asyn
- 2 teelepels sout
- ½ teelepel rooi rissiepoeier (of meer as jy nog byt wil hê)
- 1 teelepel swartpeper
- 1 koppie oil (veg or olive)
Voeg alles bymekaar en blits dit in ‘n voedselverwerker tot glad, plaas in ‘n houer met ‘n deksel en verkoel.
Bewaar in die yskas.
Ek verdubbel die resep en hou dit tot ek dit benodig.
Resep en foto: Piet Oliemans