BESTE LEMOENKOEK OOIT
Jy kry baie baie resepte vir koeke. Meeste van hulle is maar net nog ‘n variasie op ‘n ander resep met ander geurmiddels. Hierdie LEMOENKOEK is egter van die beste ooit – heerlik klam en geurig. Resep wat my mammie altyd gebak het.
- 250 g botter/margarien
- 250 ml strooisuiker
- 3 eiers
- 125 ml melk
- 50 ml vars lemoensap
- 5 ml lemoenskil, fyngesny
- 500 ml bruismeel
- 5 ml bakpoeier
- sout
Stel oond op 180 ºC en smeer 2 koekpanne, bestrooi met bietjie meel.
Klop botter en suiker saam tot lig en romering.
Klits eiers een vir een by. Voeg melk, skil en lemoensap by en meng.
Sif droë bestanddele by bottermengsel, klop goed.
Skep in panne en bak 25 tot 30 min tot gaar.
Laat effens afkoel en keer uit op draadrak.
- Versiersel:
- 60 g sagte botter
- 500 ml versiersuiker
- 5 ml lemoenskil
Meng goed en voeg genoeg lemoensap by om dit smeerbaar te maak.
Versier koek na smaak.
Resep: Annetjie van Huyssteen
Foto: Marie Grobler
Nota van Marie:
Ek het net my eie versiersel gebruik.
- 125 g sagte botter
- 2 koppies versiersuiker
- 1 teelepel lemoenskil, gerasper
- lemoensap
Klits botter baie goed, voeg die versiersuike bietjie bietjie by terwyl goed klits, sit die skil by en meng met lemoensap tot regte tekstuur. Versier koek na smaak, of met ‘n spuitsak soos op die foto.
die koek val in die middel plat 3 keer probeer
Hi Elize, hierdie resep is perfek, ek dink omdat oond temperature so baie verkil, dat jy die koek te kort bak, dit is een van die redes dat ‘n koek in die middel sak, en dan ook as jy dit overmix. Is jou bakpoeier vars, ek vra maar net. Maar onthou mens haal nie ‘n koek uit die oond voor hy nie heeltemal deurgaar is nie, al se die resep watse tyd, mens bak hom tot hy perfek gaar toets. Ek is regtig jammer maar die koek is regtig al paar keer voorheen gebak en was perfek… Annetjie van Huyssteen is ‘n betrouebare bron en die Foto: Marie Grobler is ‘n duidelike bewys. Nogmaals jammer..
I made this recipe and it came out awesome…thankfully…
Het die koek vandag gebak. Fantasties lekker en niks droog nie. Baie dankie!!
Absoluut fantasties, n amazing resep. Perfeksie!!
I also baked this cake it was a great success. Lovely moist cake and orangy tate not overwhelming.
One of the best orange cakes i ever baked and got it right and taste devine.
Hoe groot was jou panne?
Hi Hannelie ek wag net vir terugvoer van die dames wat dit al gebak het en wie se resep dit is, ek sou se ‘n 20 – 22 cm pan is perfek, maar ek antwoord jou sodra ek terugvoer gekry het.
Terugvoer was soos ek gese het 20 – 22 cm is perfek.. lekker bak
O ja! Lekker en maklik.
Ook probeer, effe plafgeval in middel. Het mooi getoets vir gaar en goed laat afkoel voor ek dit uitgooi. Dalk te veel geklits! Seker dit gaan steeds lekker smaak.
Hi Danie
Ek is bly om te hoor jy het die koek probeer. Daar is twee dinge wat dit kon veroorsaak, en ja te veel klits is die een, en die ander een is dat die oond te koud was toe jy die koek ingesit het, en ook dalk te koud bak. Ek stel voor kry vir jou ‘n los termometertjie en sit hom in jou oond om te verseker dat mens se 180 altyd wel 180 is.
Hoop die koek was darem heerlik.
Groete
Rina
Die beste lemoenkoek ooit. Jy kan ni verkeerd gaan met di resep ni.