BESSIE MALVAPOEDING
- Vir die bessiesous:
- 500 g gemengde bessies van jou keuse (1 groot pak)
- 250 ml suiker
- Vir die malvapoeding:
- 3 koppies bruismeel
- 1 koppie botter
- 2 koppies strooisuiker
- 5 ml knippie sout
- 15 ml bakpoeier
- 500 ml melk
- 6 eiers, geklits
- ¾ koppie witsjokolade splinters
Vir die bessiesous:
Plaas die bessies en suiker in ’n glasbak en sit dit in die mikrogolf vir sowat drie minute.
Laat afkoel.
Vir die malvapoeding:
Verhit die oond tot 180 °C.
Smelt die botter en sjokolade splinters saam.
Voeg die res van die bestanddele by en klits totdat die beslag romerig en lig van kleur is.
Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Skep ⅔ van malva beslag in bak, giet ‘n laag stroop oor en skep ook ⅔ van die bessies oor.
Skep die laaste van die beslag bo-oor.
Bak vir om en by 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
Nota:
Ek het ‘n blikkie bloubessies by die res van die gemengde bessies gevoeg tesame met 1 koppie suiker, dit in die mikrogolfoond gekook tot ‘n ligte stroop, en dit bo-oor die poeding geskep.
Saam met vla en roomys bedien.
Sit voor saam met vars bessies; hulle sny deur die dekadente soet van die poeding. ♫
Fotos en resep aangepas deur: Petré van Jaarsveld