Your Recipe Blog

BESSIE KAASKOEKVULSEL

BESSIE KAASKOEKVULSEL

  • 7.5 ml gelatien gespons in
  •  60 ml kouewater
  • ½ blik kondensmelk
  • 100 ml suurlemoensap
  •  8 g “freeze dried ” bloubessies
  • 8 g “freeze dried” aarbeie
  • 200 g roomkaas
  • 100 g witsjokolade
  • 200 ml room, styf geklits

Meng die gelatien met 60 ml koue water, sit in mikrogolf oond vir ongeveer 20 sekondes, roer gereeld sodat dit oplos, maar dit moenie kook nie.
Meng die roomkaas met die gelatien (voeg gelatien deur ‘n teesiffie by) en klits tot glad.
Meng die kondensmelk met suurlemoensap en laat rus sodat dit kan stol.
Maak die bessies fyn in ‘n stamper en sif dit uit, meng dit by die kondensmelkmengsel in.
Meng  die roomkaas en kondensmelkmengsels goed saam.
Smelt 100 g witsjokolade oor kookwater en laat staan tot dit wil-wil stol, meng in by die mengsel.
Vou 200 ml room, styfgeklits in die mengsel in en laat set tot dit begin gel.
Maak los met ‘n “whisk” en gebruik tussen koeklae in.

Kan ook op tennisbeskuitjiekors gegiet word vir ‘n heerlike kaaskoek.

Foto en resep: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page