BESSIE KAASKOEK KOEKSTRUIF
Ek het ‘n berry kaaskoek trifle gemaak vir Kersfees, pasop vir ‘n galaanval. Dis my eie resep. Ek het ‘n klomp resepte gekyk en die een aanmekaar geslaan en met elke laag nie geweet wat die volgende een gaan wees nie, maar dit was lekker.
Die belangrikste stap. Terwyl jy die klitswerk doen, dink aan jou familie. Hoe lief jy hulle het, hoe wonderlik die nuwe jaar gaan wees, alles waarvoor jy dankbaar is, mense proe dit.
Eet hierdie met baie bitter tee of koffie. Selfs my Pa wat gewoonlik die gewone trifle verkies het die een gelove.
Voorspoedige nuwe jaar vir ieder en elk.
- 1 pakkie raspberry (framboos) jellie
- raspberries na smaak
- 1 bakkie roomkaas
- ¼ koppie kondensmelk
- ¼ koppie suurlemoensap
- 1 klein handjievol wit sjokolade
- 1 sakkie gelatien, opgelos in 30 ml water
- 1 sakkie gevriesde bessies
- 80 ml versiersuiker
- ¼ koppie room
- gewone bulgaarse jogurt, eie hoeveelheid
- pavlova stukke en neute, opsioneel
Eerste laag:
Een liter bak
Maak die jellie aan volgens aanwysings. Sit ‘n uur in die yskas en druk dan die raspberries in. Stol verder.
Tweede laag:
Meng die roomkaas met die kondensmelk en suurlemoensap. Smelt die wit sjokolade mooi in die mikrogolf en sit by. As jy fancy wil wees en skorrelgoed maak, doen daai water ding. Los die gelatien op in die water. Smelt in die mikrogolf en roer by. Smeer dan bo-op die jellielaag en sit in die yskas.
Derde laag:
Sorry dis eintlik die eerste stap. Plaas die gevriesde bessies in ‘n pot, daai spar megafters pers sakkie en smelt saam met die versiersuiker. Prut liggies. Moenie roer nie. Dan maak jy effe jam. As dit klaar afgekoel het, smeer bo-oor kaaskoek vulsel.
Vierde laag:
Klits die room styf en meng/vou plain jogurt daarby in. Sit bo-op en versier met oorblywende skerpsels in jou kombuis. Myne het pavlova stukke en neute gekry.
Resep en foto’s: Liezel van der Merwe