Your Recipe Blog

BESONDERSE TUNA EN TAMATIE PASTAGEREG

Recipe by
Cook: 45 min

BESONDERSE TUNA EN TAMATIE PASTAGEREG

  • 1 groot ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus of 5 ml gekapte knoffel
  • 15 ml kookolie
  • 1 x 410 g blik gekapte tamaties met knoffel, oregano en basillekruid
  • ½ pakkie sampioensoppoeier (30 g)
  • 125 ml melk
  • 1 x 185 g blikkie tuna gedreineer, ek gebruik die een in water
  • 300 g skulpienoedels, gaar gemaak soos op die verpakking
  • 1 koppie kaas
  • sout en peper na smaak
  • Opsioneel:  bietjie suiker

Soteer die ui en knoffel in ‘n swaarboompan.
Voeg tamaties by en geur met sout en peper.  Ek voeg so bietjie suiker by.
Maak soppoeier aan met melk en voeg saam met tuna by die tamatiemengsel.  Prut tot dik.
Kook skulpienoedels, dreineer en meng met die tamatie- en sopmengsel.
Skep die mengsel in ‘n oondbak.
Rasper die kaas bo-oor en sit in ‘n warm oond vir ‘n paar minute tot die kaas gesmelt het.

Nota:
As dit tuna in olie is kan jy die olie gebruik om die ui en knoffel te braai.
Ek verdubbel die resep vir my huismense.

Resep:  Cecilia de Beer
Foto:  Natasha Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page