BESKUIT MET OLIE
Ek kan nou my eie vraag beantwoord, ja, jy kan beskuit bak met olie i.p.v margarien (as die nood druk).
- Beslag vir twee plat oondpanne:
- 1,8 kg bruismeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 3 plat koppies semels (bran)
- 2 koppies suiker
- 1.5 koppie sade van jou keuse (ek het gemengde saad gebruik)
- 20 ml anyssaad (dit is opsioneel, ons is baie lief vir anys in beskuit)
- *1 liter karringmelk, plain volroom jogurt of maas
- *2 koppies olie, bv. sonneblomolie, canola olie, neutolie (enige olie wat nie ‘n sterk smaak het nie, olyfolie is bv. nie geskik nie)
- *2 eiers
- sout na smaak
Voorverhit die oond op 180°C.
Meng die drie *nat bestanddele plus die sout saam.
Meng al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak.
Ek meng dit eers met die houtlepel en dan met my hande.
Verdeel in twee oondpanne en bak 30 – 35 min.
Verdeel in twee oondpanne en bak 30 – 35 min.
Sny in beskuite en droog uit op 100°C.
Plaas houtlepel in oond se deur om vog te laat ontsnap en uitdroog te versnel.Eie resep en foto: Louise Groenewald
Plaas houtlepel in oond se deur om vog te laat ontsnap en uitdroog te versnel.Eie resep en foto: Louise Groenewald
Category: