BESKUIT BROOD
Foto’s en resep: Gideon Louw
Vanoggend ‘n lekker sny vars beskuit brood (korsie) wat vroulief gebak het, met botter, tuisgemaakte vye-jam en kaas saam met ‘n lekker beker koffie. Nou net uit die oond.
- Smelt vir 5 min in die mikrogolfoond:
- 500 g Stork to Bake
- 2 koppies geelsuiker (ek gebruik ‘n bietjie meer)
- 300 ml water
- Voeg by, roer en laat afkoel tot louerig:
- 500 ml karringmelk
- Voeg dit dan by die volgende droë bestanddele:
- 1 kg bruismeel
- 1 kg “branrich” bruismeel
- 1 groot eetlepel sout
- Voorverhit die oond tot 180ºC.
- Meng die nat- in by die droëmengsel, meng goed en knie tot ‘n lekker sagte deeg.
- Plaas in ‘n oondpan en bak vir 1 uur by 180ºC en dan vir ‘n halfuur by 160ºC.
- Wanneer die beskuit uit die oond kom, laat bietjie afkoel, sny en droog uit vir beskuit of eet net so nat met botter en konfyt
- Nota:
- Vroulief het die laaste twee kere omtrent ‘n halwe koppie anys by die mengsel ingeknie en ons vind die beskuit is dan tog te lekker.
Category:














