Your Recipe Blog

BESKUIT BROOD

BESKUIT BROOD

Vanoggend ‘n lekker sny vars beskuit brood (korsie) wat vroulief gebak het, met botter, tuisgemaakte vyejam en kaas saam met ‘n lekker beker koffie. Nou net uit die oond.

  • Smelt vir 5 min in die mikrogolfoond:
  • 500 g Stork to Bake
  • 2 koppies geelsuiker (ek gebruik ‘n bietjie meer)
  • 300 ml water
  • Voeg by, roer en laat afkoel tot louerig:
  • 500 ml karringmelk
  • Voeg dit dan by die volgende droë bestanddele:
  • 1 kg bruismeel
  • 1 kg “branrich” bruismeel
  • 1 groot eetlepel sout

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng die nat-  in by die droëmengsel, meng goed en knie tot ‘n lekker sagte deeg.
Plaas in ‘n oondpan en bak vir 1 uur by 180ºC en dan vir ‘n halfuur by 160ºC.
Wanneer die beskuit uit die oond kom, laat bietjie afkoel,  sny en droog uit vir beskuit of eet net so nat met botter en konfyt 🙂
Nota:
Vroulief het die laaste twee kere omtrent ‘n halwe koppie anys by die mengsel ingeknie en ons vind die beskuit is dan tog te lekker.

Foto’s en resep: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page